Home
Welkom
Aktiwiteite
Bedieninge
Woord
Media
Besonderhede
Nuusbriewe
 If you have any feedback on how we can make our new website better please do contact us. We would like to hear from you.
 
Pastoor Tom en René Bekker: 082 928 2894 / 018 293 2475
Kerkkantoor : 018 293 0142
E-pos: tomasbekker@gmail.com
agssuid@gmail.com
Webadres: www.agsmiederpark.co.za


VISIE
Om God te ken en Hom in liefde uit te leef.

MISSIE
Om die Woord deur die krag van die Heilige Gees te lééf en daardeur mense na God te trek. Om hulle van Hom te leer tot die opbou van die Liggaam van Christus (Matt. 28:19).
Ons is ‘n gemeente met bekwame leierskap wat onder die leiding van die Heilige Gees handel. Dit is vir ons van kardinale belang om ons lidmate toe te rus vir die dienswerk van God en om diensbaar te wees vir hulle medemens.

Die boustene van ons fondament is soos volg:

• AGS Miederpark Gemeente Potchefstroom glo en bely dat sy oorsprong, voortbestaan en bestemming van God is.
• AGS Miederpark Gemeente Potchefstroom glo dat hy die openbaring van die Kerk van Jesus Christus is, wat deur Hom as Hoof hierdie Gemeente geregeer word volgens die uitsprake van die Heilige Skrif, die werking van die Heilige Gees, en die verskeidenheid bedieninge deur Hom ingestel.

Site Map