Home
Welkom
Aktiwiteite
Bedieninge
Woord
Media
Besonderhede
Nuusbriewe
 If you have any feedback on how we can make our new website better please do contact us. We would like to hear from you.
 

COOLKIDS

Naam

Christ Our Only Lord (COOL) & KIDS (want ons is mos “kinners”!)

Leuse

It’s all about Jesus.

Visie

Om God te ken en Hom in liefde aan kinders bekend te stel.

Missie

Om die Woord deur die krag van die Heilige Gees op ‘n praktiese en kreatiewe wyse aan die kinders oor te dra ten einde elkeen te help om ‘n keuse vir Jesus te maak sodat hulle in ‘n lewende verhouding met Hom kan staan.

Waardes

Liefde moet vir die Woord gekweek word, asook vrymoedigheid om met God te praat.

Afdelings

Coolbabies

Voorskoolse maats - Drie jaar en ouer.

Coolkids

Graad 1 – 7 (Laerskoolkinders).

Algemene Inligting

Wanneer

“Coolkids” Byeenkomste vind plaas tydens oggenddienste. Op Nagmaal-Sondae woon die Coolkids die erediens saam met hul gesinne by sodat hulle kan deel hê aan die Nagmaal-herdenking.

Ons “Coolbabies” het ‘n aparte vertrek regs agter in die kerk, terwyl die Coolkids in die saal bymekaar kom.

Aanbieding

Hier word aan die kinders die nodige blootstelling en skoling met betrekking tot die Bybel en die lewe en leringe van Jesus gegee. Daar word voorsiening gemaak vir interaksie tussen die kinders.

Werkswyse en aanbieding sluit in die gebruik van poppekaste, speletjies en interessante lessies uit God se Woord.

Kinders word eers in ‘n groot groep bedien waarna hulle in kleiner groepies verdeel word om die sentrale waarheid van die les vas te maak deur die voltooiing van ‘n werksboekie en aktiwiteite wat die memorisering van ‘n teksvers insluit, ‘n hersieningspeletjie, ‘n storie en gebed.


JAM (Jesus and me) 

Ons tieners en jongmense word deur bekwame leiers bearbei en daar word gereeld sosiale programme vir hulle aangebied en weeklikse selgroepe waarby hulle kan inskakel.


SELGROEPE

Die Gemeente het selgroepe waar u kan inskakel en op ‘n baie persoonlike vlak bedien kan word. Daar is verseker vir u ook ‘n selgroep om in te skakel waat u tuis gaan voel.


WELSYN

Die Hananja Welsyndepartement funksioneer op ‘n wyse wat diensbaarheid uitleef en aan ons eie lidmate voorsiening bied. Hierdie Departement is ook betrokke by projekte buite Gemeente. Hier is passievolle dames wat hulle liefde prakties uitleef omdat hulle lief is vir die Here en Sy werk.


SENIOR BEDIENING

Ons senior bediening word behartig deur mense wat ‘n hart het vir seniors hulle en reël gereeld byeenkomste en uitstappies. Daar is biduur op Woensdagoggende en die “Kruisbrigade” soos hulle bekend staan, glo om hulle leuse “Voorwaarts te gaan ter wille van Christus” gestand te doen.
Ons leierskap is gefokus daarop om die hele gemeente deel te maak van mekaar en ‘n gevoel van samehorigheid te kweek.


PASTORALE SORG

Ons het bekwame leiers wat na die welsyn van die Gemeente omsien en gereeld huisbesoek doen omdat dit die plek is waar ons ons lidmate leer ken en verstaan. Die taak van siekebesoek is baie belangrik en wanneer u gehospitaliseer word, is dit vir ons ‘n voorreg om u te bedien.



Site Map